Tieners
Geskryf deur Gretha Wiid   

So....hoe vêr is te vêr?

Wat doen 'n girl as sy 'n kind van die Here is, 'n ou het en nie te vêr wil gaan met die hele vry-ding nie? Die maklikste antwoord is....jy moet weet wanneer om te stop! Die moeilikste ding is.....wanneer is daardie wanneer?

Kom ons wees eerlik en realisties. As 'n ou jou in jou nek gaan soen, gaan jou tieties tingle....as jou tieties tingle, gaan jy nie mind as hy daaraan vat nie. As 'n ou aan jou boobies gaan vat, gaan jou hele lyf tingle......!! En as jy gedink het jy kan stop, net omdat jy serious wilskrag het, forget it! Seks en vry werk amper soos nies. Niemand het jou ooit geleer om te nies nie, reg? As 'n mens nies, gaan jou oë van self toe, al probeer jy hoe hard om dit oop oë te doen. En as jy met peper speel, gaan jy eventually nies, sêssie! Net so met vry. As jy toelaat dat 'n ou meer doen as om jou te soen op die mond, sal die res van self volg!

Volg hierdie tips en bly uit die moeilikheid uit:


* Bly weg van skemer beligting en die donker as julle alleen is
* Bly uit jou (en sy) slaapkamer uit - dinge kan way te maklik comfy (en gevaarlik) raak
* Be firm! As sy hande dwaal, sê nice, maar ferm: "Moenie dit doen nie!" As hy homself wip....hoop ek hy wip sommer uit jou lewe uit! He aint worth it!
* Kuier soveel moontlik waar jou ma-hulle enige tyd kan instap en jou kan bust. Gesonde stres was nog altyd 'n goeie ding!
* Check jou kleredrag. As jy kalerig aangetrek is en weet jy't sexy onderklere aan, gaan jy dit net dalk wil share en gebruik om vir Pietie te tease en te beïndruk!

Weet dat God sê dat jy alle versoekings KAN weerstaan, maar dat jy nie die duiwel vatkans moet gee nie!

Onthou: If you give satan a ride, he will want to drive!


En die wenner van die spermresies, is...JY!

Ek weet jy weet waar babas vandaan kom en presies hoe hulle gemaak word (die birds and the bees maak jou mos nie meer skaam of nervous nie, reg?). Maar daar is 'n paar baie cool feite van spermselle wat jou dalk van voor af gaan laat goed voel. Ja, ek weet dit klink 'n bietjie weird, but hear me out!

* Wanneer 'n man 'n orgasme bereik (relax, dis net 'n woord!), stort hy gemiddeld 500 miljoen spermselle uit.
* Net één van daardie spermselle kan die vrou se eiersel bevrug. Die res gaan dood binne die volgende dag of twee. (Ek weet, dis bietjie sad)
* Eierselle is nie manlik óf vroulik nie. Dis spermselle wat die babatjie se geslag bepaal. Alle spermselle is maw manlik óf vroulik. Die grand mense praat van chromosome, en bla-bla.
* As 'n mánlike spermsel dus eerste by die eiersel aankom, gaan 'n séúntjie gebore word, en andersom. Nou weet jy exactly hoekom jy 'n dogtertjie is (was?). Genoeg nou van die NW-les.

Die great ding van hierdie feite, is dat jy deel was van 'n resies. 'n Major groot resies! Jy't die resies tussen 500 miljoen gewen! WOW!!! En dit, net omdat God jou uitgekies het. Sy Woord sê dat Hy jou geken (en gekies) het nog voor jy gemaak is. Hy het jou ge-hand-pick uit al daai miljoene possibilities.

Ek weet dat jy baie keer voel of jy nie inpas by die groep nie. En dat jy dalk al stupid goed aangevang het, net om soos die res te voel. Die waarheid is....you were not born to fit in, you were born to stand out! Jy hoef nie seks te hê, soos die res van die groep nie. Dis okay as jy nie saam rook of drink nie, in fact...dis great! En as niemand nog ooit aan jou boobs gevat het nie...brilliant!

Moenie dat die groep (veral die cool groepie) jou soos 'n loser laat voel nie. Want jy's 'n wenner - nog altyd! You are truly one in a million...néé, uit 500 miljoen!!


die regte ou...nét vir jou!

Elke pot het ’n deksel...of só sê hulle! Jip, joune rol dalk nog net iewers rond. Die vraag is - is jy bereid om te settle vir ’n verkeerde deksel? Of beter nog - is jy bereid om verskillende deksels te probeer, net om te kan sê jou pot is gecover? Sal dit nie fantasties wees om ’n deksel te kry wat perfek pas nie? Indien jy so voel, moet jy dalk eers oor die volgende gaan dink:


Honderde meisies ontmoet stunning ouens en probeer dan só hard om hulle te beïndruk en hulle aandag te kry, dat hulle bereid is om énige iets of iemand te wees - solank hulle die ou kry! As jy jouself moet áánpas om by ’n óú te pas, gaan die verhouding in élk geval nie werk nie. Jy kan net só lank voorgee en uithou, maar na ’n rukkie gaan dit vir jou voel asof alles net oor hóm gaan. Dis só maklik om dan te begin voel dat hy nie omgee vir jóú gevoelens of wat JY wil hê nie. Wees dus van die begin af jouself by ouens - die ou wat jou die gelukkigste sal maak, is die een wat jou aanvaar vir wié en wát jy is! En al is jy sélf nog onseker, sal die regte ou jou love daarvoor!


Boo-boos waarvoor jy moet oplet in enige ou

* As hy girls wat verby julle groep loop se name probeer gat maak en homself dan in ’n stupor in lag, moet jy weet, mayday!!! Character flaw in die respek-afdeling.
* ’n Ou wat jou hand vashou voordat hy al in jou oë gekyk het en iets nice vir jou gesê het, verstaan nie romanse, die diepte of die waarde van jou hart nie! Ouens wat sommer dadelik fisies raak, het nie planne om lank saam met jou te wees nie. Kontak met die lyf, beteken vir sulke ouens meer as ’n connection met die hart!
* Wanneer ’n ou dink dis stupid om byvoorbeeld jou ma-hulle sélf te vra of julle kan gaan fliek, terwyl dit belangrik is vir jou ouers, is hy NIE die ou vir jou nie! Jy kan jou ouers miskien nog in die begin by hom afmaak as outyds, maar op die ou end gaan jy besef dat julle gesinswaardes nie dieselfde is nie. En dít, dolla, is crucial stuff!
* As hy dink een van jou tjommies is simpel en kinderagtig, terwyl julle al maats is van laerskool af....wees gewaarsku. ’n Ou wat régtig belangstel in jou hart, sal jou vriendinne (én familie) wíl leer ken. Ware liefde beteken dat jóú mense ook vir hóm belangrik is - net omdat dit jóúne is!
* ’n Ou wat jou altyd probeer laat skuldig voel en jou soos die vark laat voel as julle vassit, is ’n gevaarlike ou. Só ’n verhouding word maklik een waar jy moet please-and-explain oor alles...jy's mos verkeerd! En as jy begin om vir só ’n ou te sê dat hy ook soms verkeerd is, word afkraak en slegsê jou voorland! Be warned!
* As die ou jou hele lewe consume, en heeldag wil weet waar jy was en met wie jy gepraat het? Eish! Hardloop! ’n Jaloerse ou is die gevaarlikste van almal! In ’n gesonde verhouding moet elkeen nog hulle eie lewens hê, geregtig op eie tyd en eie idees!



Die beste tip van almal? Vra vir Jesus om jou ou te kies. Ons hormone neem maklik verkeerde besluite. Ons kies soms ouens net om ín te wees of ons ma-hulle te spite. Jesus kies altyd reg...vir die regte redes. Begin sommer vandag nog om te bid vir jou deksel. As Jesus hom kies, gaan julle verhouding kook!



verlief vs lief

As ’n mens van ’n ou hou, is dit so moeilik om te weet wanneer dit verliefdheid is en wanneer dit real liefde is. Miskien was jy al lief vir ’n ou, maar ’n paar maande (of selfs net weke) later, het hy die wit blits uit jou geïrriteer, of jou hart in onherstelbare stukke gebreek. Miskien het jy al gevoel dis die liefde van jou lewe - the ONE! - maar was jy confused omdat jou hart vinniger begin klop het vir daai nice ou op vakansie!

Maak bietjie seker of jy lief of verlief is:


Verlief - die main ding wat jou hart laat vinniger klop, is die ou se looks of sy kyk. Dis wat jou van die begin af laat voel jy hou van hom. Hy's miskien nie slim of funny nie, maar flip.....hy's HOT!

Liefde - die ou se persoonlikheid is die ding wat jou heel van die begin af laat great voel het by hom. Jy't gedink hy's ’n nice ou, nog lank voordat jy gedink het oor sy lyf of oë.


Verlief - die dinge (in hom) waarvan jy regtig hou, kan jy op jou een hand tel. Die kans is goed dat hierdie paar dinge gaan oor sy voorkoms - sy oë, sy lyf, die manier wat hy stap, sy smile....

Liefde - die lys (wat lank behoort te wees) gaan tien-teen-een begin by iets van sy persoonlikheid en sy voorkoms gaan toevallig iewers tussenin genoem kan word - sy humorsin, hy luister na jou, jy kan jouself wees by hom, julle kan vir ure praat oor ENIGIETS, hy's oukei met jou ma-hulle en jy met sy ma-hulle, hy hanteer jou dieselfde - of julle alleen is en of hy saam met sy pelle is, jy kan vir hom raad vra en hy vir jou, dis oukei as jy hartseer is en hy's ook nie bang om sy emosies te share nie, julle weet belangrike en diep dinge van mekaar.....


Verlief - bakleiery sal die verhouding doodmaak, daarom vermy verliefde mense stryery met mekaar. En wanneer hulle wel baklei, sê hulle maklik lelike goed vir mekaar. Bakleiery maak dat verliefdes mekaar by die skool ignoreer, en ook dat julle mekaar spite! Dit shatter maklik jou hele idee van die ou!

Liefde - met ware liefde is ’n couple nie bang om te baklei of te sê as hulle nie saamstem nie. Hulle praat daaroor en luister na mekaar totdat die ding uitgesorteer is.


Verlief - Jaloesie is GROOT! Jy sal niks daarvan hou as hy alleen moet gaan swot saam met ’n ander meisie nie of grappies maak met ’n ander (veral mooi) meisie nie. Dit sal jou insecure en kwaad laat voel.

Liefde - jy sal nie bang of kwaad wees as jou ou met ander girls praat nie. Liefde gaan mos oor vertroue en eerlikheid.

Verlief - die verhouding sluk jou hele lewe in. Jy sal sekere dinge (waarvoor jy dalk baie lief is) skielik los omdat hy nie daarvan hou nie of omdat jy bang is hy gaan dink dis stupid bv. Jeugbyeenkoms op ’n Vrydagaand, of CSV tydens pouse?

Liefde - Jy pas nie jou hele lewe aan vir ’n ou nie. Hy pas IN by jou lewe! En as hy nie van bv. CSV hou nie, dan kan julle dit vir mekaar sê. Hy sal ook geen issue hê as jy nog steeds wil gaan nie.


Die verskille tussen liefde en verliefdheid kan eintlik ’n hele boek lank wees! Maar as jy al eerlik kan wees oor hierdie basics, kan jy jou hart op ’n heel nuwe manier beskerm en ophou tyd mors met verkeerde ou!


MXit - 'n cellphone of 'n hellphone?


En so is almal op Mxit!   En die bitter min wat nog nie is nie, karring aan hulle ouers om dit te hê! Shucks, miskien IS jy op MXit sonder dat jou ma-hulle even weet? Punt bly, MXit is 'n great program, met ongelooflike voordele. Maar soos met die meeste dinge in die lewe, kom daar BITTER saam met die SOET, die SLEG saam met die GOED....die HELL saam met die CELL! Hou hierdie paar pointers in jou agterkop om die satan se strategie te uitoorlê!

Wie's baas?

Min tieners sal ooit gutsy genoeg wees om te erken dat MXit hulle control, dat hulle verslaaf is aan hulle fone, maar.... Wees bietjie eerlik, wat doen jy heel eerste in die oggend? Check jy vir boodskappe nog voordat jy Jesus gegroet het en thanks gesê het vir nog 'n great dag? Is jou hele dag miserable as jy jou foon by die huis vergeet het? Sukkel jy om te hoor wat jou ma probeer sê as jou foontjie eers gebeep het, nét omdat jy desperate is om te weet wie jou soek? 'Ja' op enige van hierdie ou vragies, mag dalk 'n clue wees dat MXit jou lewe run!

Die waarheid sal jou vrymaak

Veronderstel jy jok oor hoe jy lyk, of wat jy alles al gedoen het (jou experience), gaan jy al hoe minder van die girl in die spieël hou, want...jok jy byvoorbeeld oor jou sproete, gaan elke mooi kolletjie op jou gesig deel word van satan se plan om jou te laat disgusted te voel oor jou voorkoms! As jy jok oor wat jy weet en al gedoen het, plaas jy al meer pressure op jouself om real experience te kry! Wees getrou aan jouself - praat (sms) die waarheid...ter wille van jouself!

Ouens hou van spog

As jy gedink het jy kan personal goodies - of dit nou 'n sms of 'n foto is - vir 'n ou stuur, en hy gaan dit nie vir sy pêlle wys nie - think again! Die boob-foto, of die "thanks vir gisteraand”-sms, gaan public knowledge wees voor jy MXit kan sê! Hou persoonlike goed en sms'e vir jouself. En jou boobs vir jou man (van eendag)!

Daar's weird mense daarbuite

Mense wat bad planne het met jou - ontvoering, verkragting of stalking, gaan dit nie van die begin af vir jou sê nie. Dis nie asof 'n verkragter jou gaan invite met: "Hi, wil jou graag ontvoer en verkrag, stel jy belang?", nie! Hulle klink cool, harmless, nice...soos jy! As jy al maande lank met iemand chat op MXit wat jy nog nooit face-to-face ontmoet het nie, kan jy hom/haar maklik in die nice contact-kategorie plaas in plaas van die stranger-so-wees-versigtig-kategorie. Belowe jouself jy sal nooit iemand alleen gaan ontmoet, of sê waar jy skoolgaan of bly - tensy dit vir 'n real pêl is nie. Moet ook nie jou tjommie se nommer vir enige iemand gee nie - jy maak dalk van haar 'n target!

Get a life

As jou hele social life bestaan uit jy en jou contacts, maar jy mingle nooit regtig met ander mense nie, moet jy weet jy's in vir 'n rude awakening. Jy dink jy't pêlle, maar om met hulle te kan social, kort jy 'n foon. Now that, I call a fake social life. Face die groep - hulle is net so bang soos jy!

Weet verseker dat MXit vir jou kan werk. Solank MXit (en als wat daarmee gepaard gaan), jóú nie begin werk nie! Maak jou cell jou safe pel en raak só ontslae van die hel!

partytjies -hot or not?

Toe jou ma-hulle nog jonk was, het hulle partytjies in die garage gehou. Daar was ’n paar houtbakke met cheese curls en glase (vir die koeldrank) wat netjies uitgepak was op ’n mooi tafeldoek wat pas by die kleur van die partytjie (ja, daar was ’n kleur EN 'n tema - he-he). Die ouens en girls het in groepies gestaan en dans totdat hulle moes huis toe gaan....10:00! As jy hierdie prentjie regtig kan picture, kan jy seker verstaan hoekom vandag se tipe partytjies jou ma-hulle partykeer so 'n bietjie uitfreak!

Kom ons wees eerlik oor hoe dit by vandag se partytjies werk. Ouens of meisies wat rook, buite in die tuin of straat rondhang en vry iewers in die donker, is nou nie presies iets wat wierd is vir enige iemand nie. Hoe sal ons sê? Dis pretty much hoe dit is! Die groot vraag is: Waar exactly pas jy as kind van die Here in? Ek bedoel, jy's ’n normale jong girl wat ook maar net graag 'n lekker social lewe wil hê, partytjies en al. Not to sweat! As jy ’n mental (en spiritual) note maak van alles wat hieronder staan, seker maak van what's hot and what's not, kan jy groot gaan met die partytjie-ding.

drank

Daar is ’n zillion meisies wat deesdae die ouens onder die tafel in drink. Dis asof daar ’n trend is dat dit heeltemal okay is om iets te drink met alkohol in. Miskien is jy een van die meisies wat vra: What's the big deal? Dis nie asof jy jouself dronk drink nie. Dis net een Brutal Fruit of wat ookal! Gou 'n paar feite:

Meer as 90% van tieners het (volgens navorsing) die eerste keer seks gehad nadat hulle iets gedrink het met alkohol in. Why? Want alkohol maak jou kop 'n bietjie dizzy....wat op die ou end veroorsaak dat jy baie meer daring raak en só maklik dinge doen wat jy nooit andersins (nugter) sou doen nie.

En nog beter - dis die maklikste ding onder die son om iemand se drank te spike. Dit beteken hulle gooi stuff in jou glas (of bierbottel) wat jou laat saamwerk soos ’n lappop, maar die beauty vir sulke ouens is dat die goed maak dat jy niks kan onthou van wat met jou gebeur nie.  Duisende jong girls se drank is al op gewone huispartytjies gespike, waarna ouens met hulle seks gehad het, sonder dat hulle kon keer OF dit die volgende dag kon onthou.                                  

Onthou, ’n girl met drank in haar hand lyk altyd meer gewillig en cheap as ander girls. As jy my nie glo nie, vra die ouens. Hey man! Wees bietjie ’n girl met ’n edge. Drank maak dat jy makliker drool oor "af" ouens, giggel oor dinge wat jou laat stupid lyk en klink. En om een keer die naam te kry van ’n girl wat drink, is net way te moeilik om uit te vee en te vergeet.

games, games, games

So, hoeveel keer het jy al truth, dare and command gespeel....spin the bottle...? Ag "innocent" games. Reg? Kom, kom, wees bietjie eerlik. Dis nou nie asof julle mekaar dare om in die boom te klim, of ’n liedjie te sing vir die groepie nie. Oh no! Dis girls wat mekaar moet soen of allerhande ander weird goed moet doen voor die groupie. Maar dis net ’n joke, reg? Glo my, twee vriendinne wat mekaar moet soen is die vinnigste ding om julle vriendskap te laat weird voel. Dit veroorsaak net so ’n nie-lekker-feeling in jou binneste nie. Almal skinder daaroor - nie net die groep wat dit gespeel het nie. Jy kry ’n sleezy naam....oornag! En dit smokkel met baie girls se koppe, want dit voel nie noodwendig sleg om ’n ander girl te soen nie. Voor jy naar word en die hele grosse-ding doen, hear me out! Omdat dit iets abnormaal is wat jy doen wanneer jy jou tjommie moet soen EN dit nog voor ander ouens en girls, is jou adrenalienvalkke hemelhoog - of liewer helhoog. Dit veroorsaak dat jou hele lyf meer gaan tingle en die soen baie meer intens kan voel as wanneer jy ’n ou sal soen. Satan se main plan daarmee? Hy wil jou laat wonder of jy dalk lesbo is, of bi-seksueel. Onthou, dis nie real nie, dis net agv jou adrenalienvlakke. En natuurlik is die satan mal daaroor as ons skuldig voel, ander mense oor ons skinder en jy jou naam weggooi - dis nou die naam waarby God jou geroep het!

Die beste game nog om jou naam weg te gooi? Die Rainbow-game! Dis nou waar die girls mos lipstiffie-merke maak om die ouens se penisse. Yuk! Hey man, sal jy daarvan hou as iemand anders met jou koning van eendag se privates karring? Dis presies wat jy doen as jy die rainbow-game speel! En net vir dié van julle wat nie kan glo dat girls so iets sal doen nie - it happens all the time, veral as die girls en die ouens 'n paar drankies agter die blad het! Wees eerder deel van God se reënboog-belofte dat Hy jou nooit sal verlaat nie en dat Hy jou tonne liefhet! Nou dáár's vir jou 'n reënboog met ’n goudpot aan die eindpunt!

clued-up tips vir ’n clued-up girl

Kies jou pêlle versigtig. Hulle bepaal genuine waarmee jy jouself gaan besig hou. En as jy ooit bang is dat jy uitgestoot gaan word, moet jy op jou versigtigste wees. Dis juis dán dat mens simpel goed doen....nét om in te wees in die groep.

Moenie eers vir jouself sê dat jy net één drankie gaan drink nie. Moenie deel wees van ’n dare om iets te down nie. As die pressure bietjie erg raak, fake 'n naarheid.

Moenie te sexy aantrek na die partytjies toe nie. Dit sluit jou onderklere in! As jy té sexy lyk, maak jy van jouself ’n target. Moet ook nie daring dans nie. Jy smokkel met jou eie kop, en verseker met die ouens se drange.

Bly weg van partytjies met ouer ouens - soos ’n oop partytjie! Dis net moeilikheid soek. Die behoefte om ouer ouens te impress, is net way te veel - vir alle meisies.....jy ook!


wees ’n girl met ’n great social lewe EN ’n great naam!

Daar is eintlik so baie goed wat ons kan sê oor die moets en moenies van partytjies. Die plek op hierdie bladsye is net heeltemal te min. Die belangrikste om te onthou is dat jou naam ontsettend baie werd is. Jy kan nie vir jou ’n nuwe naam koop by die naaste Checkers of apteek nie. Jy moet vashou aan daai naam. Hoe gaan jy jou naam skoon hou, ’n Godly girl wees EN ’n great social lewe hê? Maklik! Vergeet van 'n rainbow-game. Bly by God se game-plan!

Artikel Gretha Wiid






as die groep druk.....


Al ooit gedink wat die ooreenkoms is tussen jou lewe en langafstande (soos in atletiek)? En dat daar nogal nice goed is wat jy kan leer by die ouens met die lang asems? Nee, my kop raas nie. So, op jou merke, gereed....hier gaat ons!

Okay, miskien verveel die hele atletiek ding jou. Maar ek is seker jy weet wat die verskil tussen die 100m en die 3000m is. Buiten dat die een groep atlete way fikser is as die ander, verskil hulle strategie van die resies heeltemal. Die ouens in die 100m het net een mission - die wenpaal, sou gou as moontlik. Slim langafstand atlete spring egter nie so vinnig weg nie. Hulle weet die race is nog lank.   Die ouens wat op die ou end wen, is dié wat hulleself die hele tyd pace. Hulle steur hulle nie aan die ouens wat so flippen vinnig weggespring het nie - hulle lag eintlik so bietjie in hulle moue. Hulle weet dat die ouens wat aan die begin van die race DINK hulle is voor, gewoonlik die ouens is wat OF laaste eindig OF sommer heeltemal uitval en van die baan afgaan.

Wat het dit alles met jou te doen? Jy het so pas die resies van jou vrouwees begin. Soos jy teen die tyd weet, het jou boobs nie oornag klaar gegroei nie en was jou periods in die begin nog lekker deurmekaar. Die hele verhouding-ding het ook ten-to-one nou eers genuine begin. (Maybe voel dit vir jou of dit nie een van jou talente is nie, so jy't bother nie eers om aan te tree vir die resies nie). Hoe dit ookal vir jou voel, kyk net gou na die amazing dinge wat ons kan leer uit langafstande!

Daar gaan altyd girls wees wat baie vinniger wegspring as jy wanneer dit kom by ouens en daai dinge. En ja, dit gaan jou miskien laat voel soos ’n loser nog voordat julle nog om die eerste rondte is. Hou jy net jou pas en weet.....daardie girls gaan kort voor lank klaar-moeg-uitgeput-en-opgebruik wees volgens die ouens.

Gaan jy heeldag wonder of jy nie jou pas net ’n bietjie moet aanpas nie? Gaan jy bang wees jy gaan dalk nie kan inhaal nie? Glo my! Genuine talentvolle atlete kyk nie na die res van die kompetisie nie. Hulle het die hele resies se pace klaar in hul koppe uitgewerk. Kry vir jouself ’n droom. Wat wil jy graag eendag vir jou man kan sê? Dat jy moeg gehardloop is of dat jy nog baie energie het....net vir hom?

Die heel beste atlete steur hulle glad nie aan die skare se geskree nie. Dis die onseker outjies wat gemotivate word EN onnodig aangejaag word deur die ge-cheer van die toeskouers. Hulle pas hulle spoed aan volgens die hoeveelheid pressure vanaf die mense langs die baan. Onthou, dis nie net die ouens en girls in jou skool wat jou gaan pressure om vinniger experience te kry nie. Daar is baie pressure wat kom van die sideline af soos movies, musiekvideo's, fashion, ens. Dis partykeer (eintlik baie kere) die satan se cheering manier om jou sovêr te kry om vinniger te move...met alles. Van ouens tot drank tot rook tot....tot....tot jy morsdood neerslaan of paste by die wenpaal aankom - as jy daar gaan aankom?

Word ’n girl met ’n langafstand plan - ’n kampioen plan. Hou die pas - die regte pas. Moenie toelaat dat die crowd of die ander 'atlete' jou pressure nie. As jy die resies reg hardloop, gaan jou man by die wenpaal vir jou wag met ’n huge bos blomme - en hy gaan vir die res van jou lewe jou grootste fan wees! So, as die groep druk...druk hom terug!


Die Leuen, die Waarheid en die Challenge van seks!


'n Zillion girls op skool HET seks. Selfs kinders van die Here! Miskien wéét jy van hulle...miskien is jy EEN van hulle! Miskien vry jy nog net genuine hard of is jy oppad soontoe? Kom ons kyk vandag of jy 'n paar dinge van seks bietjie screwed in jou kop het. En waar jy nodig het om te change! Maar jy beter jouself brace, want dis die reguitste gesels oor seks in 'n lang tyd!

Leuen # 1
Seks = Liefde.

Girlfriend, that simply ain't true! Daar is 'n horde mense wat seks het net omdat hulle nie gekeer het nie, omdat hulle lus was, omdat hulle dronk was.... En wat van die arme prostitute! Kan jy imagine hoe die arme vrouens moet voel wat betaal word vir seks. Na elke customer huil sy haar oë uit omdat sy haar hart met hom gedeel het! Yeah, right! Sy doen dit vir geld - en dit het zip met liefde te doen. So, obviously kan 'n mens seks hê sonder dat liefde betrokke hoef te wees!

Leuen # 2

Seks is 'n natural ding wat gebeur as jy iemand genuine liefhet!

As jou ou regtig lief is vir jou, kan jy dit nét meet aan die volgende. Is jou toekoms en jou hart vir hom die belangrikste ding in die wêreld? Indien ja, hoekom sal hy dan met jou seks hê terwyl hy WEET jy kan swanger raak (en daarmee jou toekoms down the drain gooi). Ja ja, ek weet van kondome en al daai oulike pille en inspuitings. Die waarheid is dat honderde tieners al swanger geraak terwyl hulle kondome en al die goodies gebruik het. Dit is NIE 100% veilig nie...punt! Dink jou ou rerig jou toekoms is só min werd?

Leuen # 3

Ouens wat ouer is, is nie soos ouens op skool nie. Hulle het nie net een ding op die brein nie! En as jy al lank uitgaan, het julle mos bewys dis liefde, nie net lus nie!

Dis great as 'n mens al lank uitgaan! Maar die vraag is...wat is lank? 6 maande, 2 jaar...? Is dit regtig lank as jy dit meet teen 30 jaar? En wát laat jou dink ouer ouens het nie net een ding op die brein nie? Hoeveel keer kuier julle alleen sonder dat julle seks het? In 'n volwasse verhouding (getroude lewe) maak seks omtrent net 10% uit van die man en vrou se saamwees. Kan jy dieselfde sê van julle volwasse verhouding?

Leuen # 4
Orale seks is nie seks nie!

Duh! Dis nie orale inskerping, kontak of vry nie! Daar is 'n rede hoekom dit orale SEKS genoem word, want....dit IS seks! En as jou brein dit dalk vir die oomblik nog nie wil snap nie...orale seks loop altyd eventually uit op full-blown seks. Dit is soos die point of no return! Buitendien, wat is die verskil.....of 'n ou se hand, mond of sy geslagsdele besig is met jou geslagsdele? Feit bly, jy share die mees persoonlike deel van jou lyf met iemand anders!

Leuen #5

As dit so reg voel, hoe kan dit verkeerd wees

Dis easy! Alles wat reg voel, IS nie noodwendig reg nie. Dit voel partykeer reg om van iemand te skinder... veral as jy dink hulle verdien dit! Dit voel partykeer reg om in jou neus te grou, want die shnoi wil nie uitkom nie! Maar is dit genuine reg? Hoor weer! Alles wat reg voel, is nie noodwéndig rég nie! En, seks gebeur meeste van die tyd NIE omdat mense 'n intense liefdesgevoel gehad het nie. Hulle het gevry, aangehou, nie opgehou en wha-la.....seks! Seks gebeur so maklik soos nies. Jy hoef nie getrain te wees om te kan nies nie, jy hoef dit ook nie te beplan nie. As jou neus tingle, is nies die logiese volgende ding. As jy lank genoeg aanhou vry, is seks die logiese volgende ding!


Kom ons bekyk die dinge wat jy gerus maar kán glo:
Waarheid #1

Jou hart en jou lyf is die mees sacred deel, die mééste wat jy vir énige iemand kan gee. Dink jy nie jy behoort dit te hou vir die ou wat dit die héél meeste verdien nie? Jou man!
Waarheid #2

Verhoudings eindig soos dit begin. As julle vinnig begin, gaan julle vinnig eindig! As julle regtig meant to be is, wat jaag jou? Dis nie asof jy die man wat God vir jou beplan het, gaan verloor NET omdat jy nie met hom wil seks hê nie!
Waarheid#3

God wil jou eendag bless met 'n glorious sekslewe saam met jou man. Maar vir nóú wil Hy jou beskerm - jou lyf EN jou hart!

As jy seks het met 'n ou (orale seks ook), dan het jy die kern van jouself vir hom gegee. As julle dan (dalk)uitmaak (life has no guarentees), dan verloor jy nie net die ou nie, maar die mees special deel van jouself. Net omdat jy dit vir hom gegee het! Dis dan syne!
Waarheid # 4

Is dit nie waar dat jou hart gecrush sal voel as jou toekomstige man op hierdie oomblik besig is om met 'n ander girl se privates te vroetel nie? Besef jy dan nie dat dit presies is wat jy toelaat as iemand nou met jou lyf karring nie?


Gereed om die waarhede te tackle? Vat dan hierdie paar challenges!
Challenge #1

As jy en jou ou enige vorm van seks het en jy dink dis nie waaroor julle verhouding gaan nie....sê bietjie vir hom dat jy vir die volgende 6 maande nie weer wil seks hê nie. Wat is 6 maande nou vir 'n verhouding wat meant to be is? As jy weet hy gaan jou los, of bang is daarvoor dat sy liefde minder gaan word, moet jy dalk besin waaroor julle verhouding eintlik gaan!
Challenge # 2

Bly weg van ouens se lywe af! En hou hulle weg van joune af! Jou boobs en die res behoort mos aan jou koning van eendag!? Wees dus versigtig vir die donker, te lank saam alleen wees, partytjies met drank en enige vryery laer as jou mond!
Challenge #3

Gaan skryf vir jouself neer waar jou boundaries is. As jy voor die tyd weet waar die grense is, stop jy soveel makliker!
Challenge #4

Moenie alles glo wat Hollywood vir jou opdis nie. Seks is genuine nie alles nie! Gaan evalueer die dinge wat jy op TV kyk, die goed wat jy in die magazines lees en dít wat jy toelaat rondom vry en seks, aan God se Woord!

Seks is nie God se enemy nie! Hy WIL jou bless daarmee. Hy KAN jou bless daarmee....ééndag! Maar om die real blessing vir 'n lifetime te hê (én te hou), moet jy vir nóú saamwerk! Bid elke dag vir jou man van eendag. Vra vir Jesus Hy moet jou rustig maak oor die hele seks-ding. Vra die Heilige Gees om jou te join by partytjies. Vir NOU is Jesus die beste partner waarvoor jy kan vra!


Die A-Z van Seks

Al ooit 'n klomp vrae gehad oor seks, maar niemand behalwe jou buddies om jou te antwoord nie? Of maybe is jy gelukkig genoeg dat jou ma jou 'n paar dinge geleer het, maar nie noodwendig die dinge waaroor jy wonder nie!


Kom ons vat dit dan letter-vir-letter. En ja, hierdie artikel gaan jou ma defnitief uitfreak. En jou ten-to-one 'n bietjie skok. Die feit is, ons is miskien nie ván hierdie wêreld nie, maar ons leef ìn dit! En christen meisies kyk ook teen-movies waarin hulle dinge kwytraak wat jy nie noodwendig verstaan nie. Die gevaar is, as jy clueless is, kan die satan dit so maklik uitbuit! So, kom ons raak clued-up met ons ABC's.


A vir Aspoestertjie-seks. Dis nou die verskil tussen die movies en die real world. In die flieks raak die girls nooit swanger nie, kry hulle nooit aaklige geslagsiektes nie en kry hulle ook nie 'n slegte naam nie. But in the real world?

B vir Boobies. Die eerste stap in die rigting van seks. Laat jy 'n ou toe om hiermee te vroetel, sal dit jou hele liggaam laat tingle..en binnekort sal jy meer toelaat! B staan ook vir boundries. Hê 'n slag 'n boundry!

C vir Celebrate. Celebrate die feit dat God 'n koning vir jou in gedagte het vir eendag! Kuier saam met ouens asof jou koning (man van eendag) jou kan sien! Hoop hy's trots (en dankbaar)!

D vir Drange. Daai gevoelens wat jou lus maak om te vry en dinge te experience. Kinders van die Here het óók drange, maar hulle vra die Heilige Gees om hulle te help om dit te beheer! Bid oor jou feelings - ook jou lyf s'n!

E vir Ereksie. Dis nou wanneer 'n ou se penis styf word. En ja, dan het hy defnitief 'n broek vol planne. Sy planne sluit jou lyf in. Stay away, do NOT touch!

F vir French Kissing. Iets wat 'n girl nie met enige ou deel nie. En 'n ou wat jou só soen op julle eerste date, druk julle verhouding te vinnig. Julle verhouding sal net so vinnig eindig ook! Trust me!

G vir Groepsdruk. Moenie dat die groep of die movies jou gepressure laat voel om seks te hê of te vry nie! God het nie 'n groepsplan vir jou gehad nie, maar 'n unieke een! Stick to it!

H vir Hormone. Die geheime vloeistowwe in jou lyf wat vir jou lyf se groei en se feelings verantwoordelik is. Dis hormone, nie demone! Tree op asof jy hormone, en nie demone het nie!

I vir Identifiseer. As jy altyd met die groep wil identifiseer, sal jy op die ou end presies doen wat die groep wil hê. Why try to fit in, if you were born to stand out!

J vir Jol. Ouens wat drink en rook, soek almal 'n girl wat gewillig is om te jol. Hy sal jou laat goed voel, jou vry en jou los! Jol is tjol!

K vir Kom. 'n Ander naam vir 'n orgasme. Dis wanneer semen uit 'n man se penis uitkom - wit gellerige vloeistof . Daar is gemiddeld 500 miljoen spermselle in een keer se orgasme betrokke. Om swanger te raak het jy net één nodig - you do the math!

L staan vir die feit dat die movies jou die Leuen vertel dat jou Lyf net Lus sal wees as jy werklik Lief is vir 'n ou.

M vir Mxit. 'n Onskuldige selfoonprogram wat jou in die moeilikheid kan kry met selfoonpornografie. Gebruik dit liefs net vir sms'e aan jou tjommies en bly weg van hierdie weard sms-goed soos 'Wanna know your babe-name'? Eish...hardloop, sêssie!

N vir Nipplestand - as jou tieties se puntjies styf word. Dit kan gebeur van koue, opgewondenheid (as jy in 'n ou se oë kyk) en sommer gewone stres - soos wanneer jy voor in die klas moet gaan lees.

O vir Oral sex. Baie tieners dink dis net vry.  Heloo! Hoekom noem hulle dit dan oral SEX en nie oral vry nie. Dis seks, sussie! En watse tipe girl deel haar privates met 'n ou wat nie eers haar man is nie?!

P vir Pornografie. Movies waarin mense kaal is én seks het. Defnitief nie deel van God se plan nie! As jy byvoorbeeld 'n late-night movie op e-tv gaan kyk, kan ek jou guarantee jy gaan verkeerde goed sien. Movies wat nie net jou lyf sal prikkel nie, maar ook jou kop sal confuse! Deel van satan se plan om jou te side-track!

Q vir Queen. Wees 'n ware koningin, nie 'n drama queen nie! Sien C vir celebrate.

R vir Rainbow-parties. Dis partytjies waar girls lipstiffie-merke op ouens se penisse maak om te kyk watter ou s'n die langste is. Grosse? Ja, maar dit gebeur genuine! As hulle games begin speel op partytjies waar hulle jou dare, waar daar drank betrokke is of waar hulle lipstiffies begin uithaal....run!

S staan natuurlik vir Seks. Seks is NIE gelyk aan liefde nie en liefde is NIE gelyk aan seks nie. 'n Ou wat jou lief genoeg het om jou hart én jou toekoms te beskerm en te koester, sal NIE met jou seks hê nie! Nie die oral óf die gewone manier nie!

T vir Tyd. Dis tyd dat jy besef dat jou tyd vir seks sal kom! Maar vir nou, pas jouself op!

U vir Uitgaan. Hoe meer jy en jou ou alleen uitgaan sonder die groep en alleen kuier laat in die aand, hoe makliker sal die satan se strik vir jou word! Uitgaan en uitbly behoort altwee in billike ure te gebeur. Die donker is die broeiplek van baie ongesonde dinge!

V vir Viva Virginity! Vier bietjie die feit dat jy nog nooit uit jou eie uit seks gehad het met 'n ou nie. Om 'n virgin te wees, is iets om te cherish en op trots te wees!

W vir Wet Dream. As 'n ou droom oor iets seksueel en hy in sy slaap 'n orgasme kry (sien Kom), noem ons dit 'n wet dream.

X en Y staan vir chromosome. Die goodies wat binne in spermselle is wat bepaal of 'n seuntjie of 'n dogtertjie gebore gaan word. Jy wil nie nou al 'n seuntjie óf 'n dogtertjie hê nie, reg? Bly dan weg van die chromosome af...bly weg van seks af!


Z staan vir Zzzz! Jy kan lekker slaap en weet: God het jou uit 500 miljoen spermselle gekies. Hy't jou by jou naam geroep en het 'n plan vir jou. En wat as jy jou eie plan gevolg het en al seks gehad het? 1 Joh. 1:9 sê God is getrou en regverdig.  Hy sal jou van ál jou sondes reinig. Gee dit vir Hom. Hy's 'n spesialis in tweede kanse!



Wees versigtig wat jy advertise!



Met ouens moet jy altyd onthou: Dit wat jy advertise, sal die ouens wil hê!!! Helooo! Dis hoe bemarking werk! As iets geadverteer word, neem mense aan dis beskikbaar in die mark. So, die main vraag vir jou is......Wat advertise jy by die ouens?

Advertise jy jou boobs?

Is jou boobies altyd exposed met 'n push-up bra? Of is jou low-rise hipster so laag dat jou ouma dink daar staan 'n kort-haar seuntjie voor jou? Wees dan verseker dat die ouens vir jou gaan kyk! Hulle gaan ongelukkig nie net kyk nie, hulle gaan wil vat ook! Maybe was dit jou plan? Want wat is boobie-vroetel anyway, reg? En so what as die ouens jou G-string sien, reg? Kom ek sê jou wat die probleem is. Daar gaan altyd 'n girl wees met groter, meer exposed boobs as jy! Of iemand met nicer diamanté op haar G-string! Hy gaan jou tieties en jou lyf dus gebruik, totdat iemand met beter advertensie-vaardighede verbykom.

Of advertise jy jou hart?

Hoop jy dat 'n ou op jou pad sal kom wat jou hart gaan waardeer, jou waarde gaan cherish? Adverteer dan vir 'n slag juis dìt! Jou hart en jou waardes! Wys vir die ouens waarvoor jy staan. As jy 'n cheap prys om jou eie nek hang, gaan die ouens met min in die sak (karakter) in jou belangstel. Maar wys jy's expensive, met jou klere en jou waardes, en Mr Right and Rich in Character is dalk die een wat jou wil aanskaf...to have and to hold...forever and ever!


Okay, okay. Die girl met die boobs sal verseker gewild wees.....vir 'n klein ou rukkie! Net soos in die movies - sal die cheap, sexy, over-exposed en gewillige girl in elke geval op die ou end opeindig met niks. En die koek wen altyd!


So, doen jouself 'n guns. Gaan staan bietjie met jou volgende partytjie voor die spieël en vra jouself? Wil ek hê my hárt of my bóóbs moet gecherish word? Cheap of expensive? Pick nou! Dìt wat jy kies, sal die ouens eer!

 

Terug na die vorige blad

Voorblad Tieners | Brandende issues

Luister hierna...

2011 Beste Verkopers

WWC_2011

Die_affair_verby

facebook_logo

Volgende geleentheid

11.02.2012 | 09.00 Eva se lyf
14.02.2012 | 18.30 Seks in die huwelik
18.02.2012 | 10.00 Liefdestale van die huwelik
25.02.2012 | 09.00 Ma- en dogterdag
09.03.2012 | 19.00 Kinderdissipline
<<  February 2012  >>
 Su  Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa 
     1  2  3  4
  5  6  7  8  910
1213151617
192021222324
26272829   

Nuusbrief registrasie

 
  16 Bougainvillea Mews, Bougainvillea Estate, Montana Tuine  |  079 4999 989  |  0866 799 046  | info@grethawiid.co.za
_