|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
|
Kampe is die lekkerste deel van ons doen!
Graad 7- kamp
- EK IS OPPAD HOËRSKOOL TOE......GEAR MY!
Op hierdie skoolverwisselingskamp gaan jou kind letterlik gerat word vir alles wat op hom/haar wag in die hoërskool.
* Pêlle - grootste, mees bepalende faktor van wie en wat jy gaan wees teen Graad 12 * Verhoudinge - skielik groot, skielik meer bewus....skielik meer geleenthede. Vry…hoe vêr is te vêr? Hoe maklik loop vryery uit op seks? * Die faktor van pornografie, drank en dwelms * MXit....`n selfoon of `n helfoon? * Balans tussen akademie, social en my gesin. * Hoe om `n great hoërskoollewe te hê, sonder `n gevry, gedrink en verkeerde maats!
Hoërskool- kampe
- Sukkel jy om met jou hoërskoolkind te gesels oor die onderwerp van seks, groepsdruk, pornografie, ens?
Is jy bekommerd oor die aanslag op jou kind danksy die media, maats en tegnlogie? Gaan jou kind na partytjies toe waar jy hoop daar is nie drank en dwelms nie? Het jy al probeer om met kind te praat oor verhoudinge en seks, maar gevoel jou kind hoor niks!
Stuur dan jou kind op hierdie kamp. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Jou kind sal NOOIT weer dieselfde dink oor seks en pornografie nie. Ek belowe, dis die beste belegging óóit in jou kind se vrouwees en manwees!
Onderwerpe wat ek op die kamp hanteer:
* Wat sê God van seks? * Orale seks en porn - kom ons praat reguit! * Wat van vry? What`s on, and what`s not? * Hoe vêr is té vêr? Know when to stop! * Hoe maak jy `n verhouding op skool, werk? * Die do`s en don`ts van partytjies - drank, dwelms, seksuele speletjies, ens. * MXit en ALLES wat daarmee gepaardgaan * Becoming a godly guy and girl - die ultimate aim van die kamp!
Huweliks- kampe
- Spandeer `n ongelooflike `laaangnaweek` met jou wederhalf in die fantastiese atmosfeer wat net die bosveld kan bied! Jy en jou gade gaan nie net `n ontspannende naweek met mekaar deel nie, julle gaan liggaam, siel, gees en huwelik verryk. Dis meer as goud werd!
- Die kamp fokus op liggaam, siel en gees. Ons hanteer:
- Emosionele behoeftes in die huwelik – Kom vind uit wat in die diepste dele van jou maat se hartskamers aangaan.
- Seksuele behoeftes in die huwelik – ons praat reguit oor die dinge van die lyf. Alles vanaf lae libido, avontuur, seksuele verwerping, pornografie, en die in`s en out`s van die fisiologie word bespreek. Die tips gaan jou liries van opgewondenheid maak! Kom leer hoe om mekaar op die regte plekke te kielie en alles wat geroes is, weer te olie!
- Adam en Eva – kan koningskap en onderdanigheid op so `n manier werk dat jy absoluut excited raak daaroor? Ons hanteer die dinge van tradisie. Kom kry splinternuwe openbaring uit God se Woord
- Kommunikasie – praat julle by mekaar verby? Baklei julle altyd oor dieselfde goed? Dit kan alles verander….belowe!
- God se plek in ons huise. Dis miskien die missing link in julle lewe?
- `n Spesiale nota aan die mans: Ons gaan jou op geen stadium deel maak van `n klein groepie waar jy jou hart of opinie hoef te share nie. Dis nie die veldskool nie! En o ja, niemand gaan dink jy`t huweliksprobleme net omdat jy op so `n kamp kom nie - dis `n huweliksVERRYKINGSkamp, nie `n huweliksBERADINGSkamp nie! En indien daar rugby of krieket is, sal ons tye so bietjie aanpas - ons self is fans!
- Die sessies lyk nogal baie, maar gaan so interessant en lekker aangebied word (belowe) dat jy nie eers gaan agterkom nie. En jy gaan genuine BAIE en LEKKER eet! Ons verskaf dus alles. Jy moet net kom met `n oop gemoed - al is jy nie die kamp tipe nie. Cuddling is opsioneel!
- LET WEL – Enige kostes van swangerskappe wat voortspruit uit die nuutgevonde jubel en geluk, kan nie `gedek` word deur Gretha Wiid nie. :-)
|

Yeeeeee-ha! Oppad hoërskool toe! En nou kan jy gereed wees om alles te face wat vir jou wag. Kom raak slim en straatwys oor groepsdruk, en sit elke vrees, bekommernis en versoeking op sy plek! Kom kuier saam met honderde ander ouens en meisies wat die slapies aftel tot Januarie.
Komaan, skryf in!!

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! ALLES oor verhoudinge, keuses en pêlle. En natuurlik moet ons praat oor die media se invloed op jou lewe en siening oor seks, liefde en verhoudinge. Ek belowe, dis die beste belegging óóit in jou vrouwees en manwees! Kom kuier tot jou tone tintel en die butterflies in jou maag moeg is!
Opgewonde? Lees dan meer!

Kom herontdek die vuur in julle verhouding en word in liggaam, siel en gees verryk. Dis nie net vir couples wat hulp nodig het nie, maar definitief vir almal wat wil ontspan, kuier, lag en ‘n ongelooflike boost in hulle verhouding wil hê. Dis meer as goud werd!.
Klik hier as jy en jou maat 'n wegbreek nodig het!
|
2011 Beste Verkopers


<< February 2012 >>
| Su | Mo | Tu | We | Th | Fr | Sa |
| | | | 1 | 2 | 3 | 4 |
| 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
| 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
| 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
| 26 | 27 | 28 | 29 | | | |
|