En die wenner van die spermresies, is... JY!
Geskryf deur Administrator   
Ek weet jy weet waar babas vandaan kom en presies hoe hulle gemaak word (die birds and the bees maak jou mos nie meer skaam of nervous nie, reg?).  Maar daar is 'n paar baie cool feite van spermselle wat jou dalk van voor af gaan laat goed voel.  Ja, ek weet dit klink 'n bietjie weird, but hear me out!

  • Wanneer 'n man 'n orgasme bereik (relax, dis net 'n woord!), stort hy gemiddeld 500 miljoen spermselle uit.
  • Net één van daardie spermselle kan die vrou se eiersel bevrug.  Die res gaan dood binne die volgende dag of twee.  (Ek weet, dis bietjie sad)  
  • Eierselle is nie manlik óf vroulik nie.  Dis spermselle wat die babatjie se geslag bepaal.  Alle spermselle is maw manlik óf vroulik.  Die grand mense praat van chromosome, en bla-bla.
  • As 'n mánlike spermsel dus eerste by die eiersel aankom, gaan 'n séúntjie gebore word, en andersom.  Nou weet jy exactly hoekom jy 'n dogtertjie is (was?). 

Genoeg nou van die NW-les.

Die great ding van hierdie feite, is dat jy deel was van 'n resies.  'n Major groot resies!  Jy't die resies tussen 500 miljoen gewen!  WOW!!!  En dit, net omdat God jou uitgekies het.  Sy Woord sê dat Hy jou geken (en gekies) het nog voor jy gemaak is.  Hy het jou ge-hand-pick uit al daai miljoene possibilities.  

Ek weet dat jy baie keer voel of jy nie inpas by die groep nie.  En dat jy dalk al stupid goed aangevang het, net om soos die res te voel.  Die waarheid is....you were not born to fit in, you were born to stand out!  Jy hoef nie seks te hê, soos die res van die groep nie.  Dis okay as jy nie saam rook of drink nie, in fact...dis great!  En as niemand nog ooit aan jou boobs gevat het nie...brilliant!

Moenie dat die groep (veral die cool groepie) jou soos 'n loser laat voel nie.  Want jy's 'n wenner - nog altyd!  You are truly one in a million...néé, uit 500 miljoen!!

 

Terug na die vorige blad

Voorblad Gretha Skryf Jy en jou tienerlewe En die wenner van die spermresies, is... JY!

Luister hierna...

2011 Beste Verkopers

WWC_2011

Die_affair_verby

facebook_logo

Volgende geleentheid

11.02.2012 | 09.00 Eva se lyf
14.02.2012 | 18.30 Seks in die huwelik
18.02.2012 | 10.00 Liefdestale van die huwelik
25.02.2012 | 09.00 Ma- en dogterdag
09.03.2012 | 19.00 Kinderdissipline
<<  February 2012  >>
 Su  Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa 
     1  2  3  4
  5  6  7  8  910
1213151617
192021222324
26272829   

Nuusbrief registrasie

 
  16 Bougainvillea Mews, Bougainvillea Estate, Montana Tuine  |  079 4999 989  |  0866 799 046  | info@grethawiid.co.za
_