|
Geskryf deur Administrator
|
Ek weet jy weet waar babas vandaan kom en presies hoe hulle gemaak word (die birds and the bees maak jou mos nie meer skaam of nervous nie, reg?). Maar daar is 'n paar baie cool feite van spermselle wat jou dalk van voor af gaan laat goed voel. Ja, ek weet dit klink 'n bietjie weird, but hear me out!
- Wanneer 'n man 'n orgasme bereik (relax, dis net 'n woord!), stort hy gemiddeld 500 miljoen spermselle uit.
- Net één van daardie spermselle kan die vrou se eiersel bevrug. Die res gaan dood binne die volgende dag of twee. (Ek weet, dis bietjie sad)
- Eierselle is nie manlik óf vroulik nie. Dis spermselle wat die babatjie se geslag bepaal. Alle spermselle is maw manlik óf vroulik. Die grand mense praat van chromosome, en bla-bla.
- As 'n mánlike spermsel dus eerste by die eiersel aankom, gaan 'n séúntjie gebore word, en andersom. Nou weet jy exactly hoekom jy 'n dogtertjie is (was?).
|
|
|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
|
So....hoe vêr is te vêr?
Wat doen 'n girl as sy 'n kind van die Here is, 'n ou het en nie te vêr wil gaan met die hele vry-ding nie? Die maklikste antwoord is....jy moet weet wanneer om te stop! Die moeilikste ding is.....wanneer is daardie wanneer? Kom ons wees eerlik en realisties. As 'n ou jou in jou nek gaan soen, gaan jou tieties tingle....as jou tieties tingle, gaan jy nie mind as hy daaraan vat nie. As 'n ou aan jou boobies gaan vat, gaan jou hele lyf tingle......!! En as jy gedink het jy kan stop, net omdat jy serious wilskrag het, forget it! Seks en vry werk amper soos nies. Niemand het jou ooit geleer om te nies nie, reg? As 'n mens nies, gaan jou oë van self toe, al probeer jy hoe hard om dit oop oë te doen. En as jy met peper speel, gaan jy eventually nies, sêssie! Net so met vry. As jy toelaat dat 'n ou meer doen as om jou te soen op die mond, sal die res van self volg!
|
|
|
|
|
|
|