Waar trek jy die streep?
Geskryf deur Gretha Wiid   

Ek is getroud en in my middel dertigs. Alhoewel ek en my man ’n goeie sekslewe het, het hy gereeld fantasieë wat my ongemaklik laat voel. My vraag rondom die seksuele - waar trek ’n mens die streep rondom speel en avontuur?

Elke paartjie het die reg om fantastiese seks te geniet, mekaar se liggame te koester, te ontdek en eindelik die gawe van 'n orgasme te geniet. Daar word selfs in Hooglied geskryf van die bruidspaar wat seks geniet het in die buitelug. In enige verhouding is daar egter grense. Elke paartjie leer mettertyd waar die grense is wat elkeen gemaklik laat voel.  


Avontuur of aanvaarbaar
Die Griekse stamwoord vir seks buite die huwelik, is porneia! Toeval? Daar is baie mense wat voel dat pornografie deel kan wees van opkikkering en avontuur - solank dit binne die huwelik bly. Die waarheid? Pornografie is visuele, wellustige seks buite jou huwelik wat vroue verwerp laat voel omdat hulle manne gestimuleer word deur ander vroue. Is dit God?

Ingang of uitgang
Defnitief verbode terrein! Sou dit nie wonderlik gewees het as ons 'n handleiding gehad het wat kon sê - Entrance (vagina) en Exit (anus).Nee wat, as anale seks natuurlik was, sou ons sekerlik nie siektes kon kry deur dit nét in ons huwelike te beoefen nie. Vroue sou dit dan óók nie so gevrees het, vuil gevoel het of so seer gekry het nie. Hoekom het mans dikwels 'n fantasie hieroor? Pornografie!  Jy mág NEE sê hiervoor sonder enige skuldgevoelens. Moenie toegee uit vrees dat hy dit dan op ’n ander plek sal soek nie. Bid daaroor en sit ander avonture op die tafel.

Speelgoed vs manlief
Daar is ’n verskil tussen prettige hulpmiddele soos byvoorbeeld vere, olies en bodypaint, en hulpmiddele wat jou man se penis kan vervang. Dit maak ’n vrou dalk liries van lus, maar wellus word meer as dikwels by die manne gebore. En met die eerste ernstige emosionele insinking in julle verhouding word dié elektroniese toestelletjie baie maklik 'n wapen! Jou man se penis kan nie meeding met elektronika nie - hy kan eenvoudig nie teen daardie intensiteit bewe nie - tensy hy kouekoors het in die penis (grappie). Die skielike afwesigheid van die elektroniese speelding kan die vrou frustreer, terwyl die teenwoordigheid daarvan die man onbevoeg kan laat voel as hy besef dat hy nie die eerste plek in die bevredigingskompetisie behaal het nie. Hoekom is mans dan opgewonde by die aankoop en aanvanklike gebruik daarvan?  ’n Sense of adventure en wellus!

Orgasme vir twee
Solank orale seks en wedersydse masturbasie in balans bly en nie soos 'n chroniese siekte word nie, kan jy maar groot gaan - solank albei gemaklik voel daarmee. Daar is duisende vroue wat nét op dié maniere bevrediging kry. Individuele masturbasie? As dit regtig in God se wil was, sou ons heilige gedagtes kon hê daartydens en sou ons dit nie weggesteek het vir ons maats nie. Ek glo nie dat God ooit alleen bevrediging in gedagte gehad nie. Orgasme is 'n verbondsgawe. Punt!

Grense dwing ons nie net om kreatief te wees nie, dit hou ons seks glorious EN geseënd!  Gaan groot!

 

Terug na die vorige blad

Voorblad Gretha Skryf Jy en jou huwelik Waar trek jy die streep?
facebook_logo

Volgende geleentheid

04.09.2010 | 18.00 Kommunikasie en Konflik in die huwelik
07.09.2010 | 09.00 Emosionele behoeftes in die huwelik
11.09.2010 | 09.30 Eva se lyf
16.09.2010 | 18.30 Tienerseksualiteit
18.09.2010 | 10.00 Kom mans regtig van mars
<<  August 2010  >>
 Su  Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  91011121314
15161718192021
22232425262728
293031    

Nuusbrief registrasie

 

Fantastiese produkte

WWC220

sekswatvernietig220
  Hv Zambezi-rylaan & Vinko-straat, Sinoville, Pretoria  |  GPS -25.680925, 28.22360  |  0861 473 842  |  0866 799 046  | info@grethawiid.co.za
_