|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
|
Ek is getroud en in my middel dertigs. Alhoewel ek en my man ’n goeie sekslewe het, het hy gereeld fantasieë wat my ongemaklik laat voel. My vraag rondom die seksuele - waar trek ’n mens die streep rondom speel en avontuur?
Elke paartjie het die reg om fantastiese seks te geniet, mekaar se liggame te koester, te ontdek en eindelik die gawe van 'n orgasme te geniet. Daar word selfs in Hooglied geskryf van die bruidspaar wat seks geniet het in die buitelug. In enige verhouding is daar egter grense. Elke paartjie leer mettertyd waar die grense is wat elkeen gemaklik laat voel.
|
|
|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
Ek en my man baklei nie dikwels nie, maar ons baklei ALTYD oor dieselfde goed! Die beste is dat ons na 'n ruk altyd baklei omdat die een voel dat die ander een hom nie hoor nie. Ons gaan draai later by fights van 10 jaar terug. Ons praat in sirkels en kom nooit verder as beskuldigings nie. Is daar hoop?
Dis so maklik om te wens dat jou maat soos 'n disprin sal oplos die oomblik wat julle alweer oor dieselfde issue begin baklei, is dit nie? Die disprin gedagte laat mens altyd minder wreed voel oor die wens - bloot omdat jy daarmee nie noodwendig wens dat jou man heeltemal sal verdwyn nie, maar net dat hy minder gekonsentreerd voor jou sal staan - vir die oomblik! Maar helaas, moet ons vroue aanvaar dat ons nie die beste bakleiers onder die son is nie. Ons is dikwels oor-emosioneel en gebruik alte graag woorde soos ALTYD en NOOIT in ons baklei-sinnetjies. En die koeie? 'n Mens sal sweer dat reïnkarnasie 'n werklikheid is soos wat ons soms die ou koeie laat herleef!
|
|
|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
Dit voel of ek tussen die spreekwoordelike rock and a hard place is. Daar is 'n man by my werk met wie ek baie goed oor die weg kom. Ek weet dis verkeerd, maar ek geniet sy nabyheid meer as dié van my man. Alhoewel hy ook getroud is, glo ek hy is my soulmate. Het ek 'n fout gemaak om met my man te trou? Ek weet nie waarheen nie!
Ai, ou puntstert en sy bemarkingspan! Die gras is mos altyd groener aan die anderkant. Al ooit gewonder of die hoeveelheid poef op die gras iets daarmee te doen het? Jy gaan nie hou van my raad nie, but here it goes!
|
|
|
|
|
|