Ek weet jy weet waar babas vandaan kom en presies hoe hulle gemaak word (die birds and the bees maak jou mos nie meer skaam of nervous nie, reg?). Maar daar is 'n paar baie cool feite van spermselle wat jou dalk van voor af gaan laat goed voel. Ja, ek weet dit klink 'n bietjie weird, but hear me out!
Die great ding van hierdie feite, is dat jy deel was van 'n resies. 'n Major groot resies! Jy't die resies tussen 500 miljoen gewen! WOW!!! En dit, net omdat God jou uitgekies het. Sy Woord sê dat Hy jou geken (en gekies) het nog voor jy gemaak is. Hy het jou ge-hand-pick uit al daai miljoene possibilities. Ek weet dat jy baie keer voel of jy nie inpas by die groep nie. En dat jy dalk al stupid goed aangevang het, net om soos die res te voel. Die waarheid is....you were not born to fit in, you were born to stand out! Jy hoef nie seks te hê, soos die res van die groep nie. Dis okay as jy nie saam rook of drink nie, in fact...dis great! En as niemand nog ooit aan jou boobs gevat het nie...brilliant! Moenie dat die groep (veral die cool groepie) jou soos 'n loser laat voel nie. Want jy's 'n wenner - nog altyd! You are truly one in a million...néé, uit 500 miljoen!!
Terug na die vorige bladNewsflash
|
Luister hierna...Volgende geleentheid
11.02.2012 | 09.00
Eva se lyf
14.02.2012 | 18.30 Seks in die huwelik 18.02.2012 | 10.00 Liefdestale van die huwelik 25.02.2012 | 09.00 Ma- en dogterdag 09.03.2012 | 19.00 Kinderdissipline |








079 4999 989 |
0866 799 046 |
