So wat is die somtotaal van dít wat leef in my hart?
Geskryf deur Gretha Wiid   
Dat ons ons prioriteite moet herbekyk en moet ophou om kerk-kerk te speel. Ons moet terugkeer na God se Woord en besef dat Jesus die Leeu van Juda is, wat was, is en vir altyd sal wees. Ons moet God deelmaak van elke aspek van ons lewe, en werklik verhouding met Hom hê – nie verhouding via die kerk, of verhouding via die predikant nie – persoonlike verhouding. God stel nie belang in uiterlike vorme van godsdiens nie. Hy begeer om deel te wees van jou werk, ouerskap, geldsake, braai met vriende,ag, alles, ook jou slaapkamersake. Dis ook my hartsbegeerte dat ons die plek van ons huweliksmaats en kinders, teenoor die plek van ons beroepe, geld, ons sosiale lewe en selfs die televisie sal herbedink. Ons jaag tog so om net die toppunt van die leer te bereik...net om by die toppunt daarvan te besef dat die leer al die tyd teen die verkeerde muur gestaan het. Ons maak te dikwels die fout om kwansuise dringende sake voor belangrike sake te hanteer. Ons kan nooit tyd terugkoop met ons eggenote en kinders nie. Hoe meer gekompliseerd ons lewe raak, hoe meer moet ons onthou om te fokus op die eenvoudige dinge. The only thing evil needs to prosper, is for good men to do nothing and fear the onslaught of people. Compromise God se Woord, en jy compromise jou eie blessing!
 

Terug na die vorige blad

Voorblad Media Buzz So wat is die somtotaal van dít wat leef in my hart?

Luister hierna...

2011 Beste Verkopers

WWC_2011

Die_affair_verby

facebook_logo

Volgende geleentheid

19.05.2012 | 10.00 Is dit net my man, of kom alle mans van Mars?
19.05.2012 | 14.00 Om God te hoor
01.06.2012 | 18.00 Rut Konferensie
02.06.2012 | 08.30 Bruid en Moeder-dag (Bruidsgids)
02.06.2012 | 13.30 Die Here se Vaderhart vir tiener meisies
<<  May 2012  >>
 Su  Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa 
    1  2  3  4  5
  6  7  8  9101112
131415161718
20212223242526
2728293031  

Nuusbrief registrasie

 
  16 Bougainvillea Mews, Bougainvillea Estate, Montana Tuine  |  079 4999 989  |  0866 799 046  | info@grethawiid.co.za
_