|
Geskryf deur Gretha Wiid
|
“Die Worthy-Woman samekomste kos R150-00. Bring kontant vir cd’s.”
(“Naas Jesus, is kontant koning. Ek ruik 'n handelaar in die tempel - vervlakste huigelaars.” - kletskerk.com)
Ek het nog nooit gehuigel oor geld nie. Die samekomste het in elk geval R175 gekos, nie R150 nie (moet asseblief nie vir kletskerk laat weet nie – net nou is ek regtig in die moeilikheid). Kos vir 7000 mense, kunstenaars, ‘n ouditorium van Moreleta se grootte...gaan maak self die sommetjies. Ons het nooit op enige plek gesê dat mense kontant moet bring na die WWC samekoms toe nie. Die klaagster hierbo het dit gekry op ons huweliksverykkingskampe se besprekingsvorms. Google is mos groot! Mense vra met elke kamp of hulle van die DVD’s en CD’s tydens die kampe (nie kerkbyeenkomste nie) kan aankoop. Ons het nie ‘n opvangs by die lodge waar ons huweliksnaweke gehou word om aankope elektronies te kan akkommodeer nie. Daarom die ‘kontant’ storie. Ek en Francois het ‘n laaaaang pad gestap rondom finansies. Ons is vrygemaak van gierigheid en wêreldse planne rondom geld. Ons weet dat God (Jehova Jireh) ons voorsiener is.
|
|
2011 Beste Verkopers


<< May 2012 >>
| Su | Mo | Tu | We | Th | Fr | Sa |
| | | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 |
| 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
| 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
| 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
| 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | | |
|