Die Hollywood Hang-up
Icons, celebrities, mode, movies, musiek - buzz words in die lewe van elke tiener. Dinge wat nie net jou lewe laat buzz nie, maar ongelukkig jou toekoms kan bust.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie! ALLES oor verhoudinge, keuses en pêlle. En natuurlik moet ons praat oor die media se invloed op jou lewe en siening oor seks, liefde en verhoudinge. Ek belowe, dis die beste belegging óóit in jou vrouwees en manwees! Kom kuier tot jou tone tintel en die butterflies in jou maag moeg is!
DVD uittreksels - kyk en geniet!Hoekom ons doen wat ons doenDie pad wat ek en Francois gestap het rondom ons huwelik, het vir ons bepaalde openbaring gebring. Ons het so baie foute gemaak en so baie dinge deurgemaak– van pornografie en owerspel tot by sekwestrasie en die emosionele seer van `n byna-egskeiding. Dit is ons hartsbegeerte om ons pad met ander te deel – nie net om vir hulle hoop en inspirasie te gee van God se genesing en vergifnis nie, maar om ook praktiese hulp te gee ten einde `n great huwelik te hê! Baie van die dinge wat ons aangevang het, is gebore uit seer vanuit ons kindeardae. Daarom is ons passievol daaroor dat kinders moet weet wat hulle werd is en dat hulle die voorreg moet hê om in emosioneel stabiele huise groot te word waar hulle ouers liefde, onvoorwaardelike aanvaarding, erkenning en aandag eerste stel….elke dag! |
Luister hierna...Volgende geleentheid
11.02.2012 | 09.00
Eva se lyf
14.02.2012 | 18.30 Seks in die huwelik 18.02.2012 | 10.00 Liefdestale van die huwelik 25.02.2012 | 09.00 Ma- en dogterdag 09.03.2012 | 19.00 Kinderdissipline |
|||||||||
079 4999 989 |
0866 799 046 |
info@grethawiid.co.za